We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: power to break life controlling problems

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 73:1-28.

Index: Afrikaans

 

Psalms 73

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

73:1 ‘n Psalm van Asaf. Waarlik, God is goed vir Israel, vir die wat rein van hart is.

73:2 Maar wat my aangaan, my voete het amper gestruikel, my voetstappe het byna uitgegly.

73:3 Want ek was afgunstig op die onsinniges toe ek die voorspoed van die goddelose mense sien.

73:4 Want daar is geen kwellings by hulle nie, gesond en vet is hulle liggaam.

73:5 In die moeite van sterwelinge is hulle nie, en saam met ander mense word hulle nie geplaag nie.

73:6 Daarom is die trots om hulle soos ‘n halssieraad, die geweld bedek hulle soos ‘n gewaad.

73:7 Hulle oë puil uit van vet; die inbeeldinge van die hart loop oor.

73:8 Hulle spot en spreek in boosheid verdrukking; hulle spreek uit die hoogte.

73:9 Hulle stel hul mond teen die hemel, en hul tong wandel op die aarde.

73:10 Daarom draai hulle mense hul hierheen, en waters in volheid word deur hulle geslurp.

73:11 En hulle sê: Hoe sou God dit weet, en sou daar kennis by die Allerhoogste wees?

73:12 Kyk, so is die goddelose mense, en altyd onbesorg vermeerder hulle die rykdom!

73:13 Waarlik, tevergeefs het ek my hart rein gehou en my hande in onskuld gewas.

73:14 Die hele dag tog is ek geslaan, en my tugtiging was daar elke môre.

73:15 As ek gesê het: Ek wil óók so spreek- dan sou ek ontrou gewees het aan die geslag van u kinders!

73:16 Toe het ek nagedink om dit te verstaan, maar dit was moeite in my oë,

73:17 totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.

73:18 Waarlik, U stel hulle op gladde plekke; U laat hulle in puin val.

73:19 Hoe word hulle in ‘n oomblik ‘n voorwerp van verbasing, vergaan hulle, raak hulle tot niet deur verskrikkinge!

73:20 Soos ‘n droom nadat ‘n mens wakker word, o Here, so verag U, as U opwaak, hulle beeld!

73:21 Toe my hart bitter gestemd en ek in my niere geprikkel was,

73:22 toe was ék dom en het niks geweet nie; ek was ‘n dier by U.

73:23 Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.

73:24 U sal my lei deur u raad en my daarna in heerlikheid opneem.

73:25 Wie het ek buiten U in die hemel? Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie.

73:26 Al beswyk my vlees en my hart- God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid.

73:27 Want kyk, die wat hulle ver van U af hou, vergaan; U roei almal uit wat van U afhoereer.

73:28 Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.