We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

How can a moral wrong be a civil right?

Bible – Afrikaans – Numeri Chapter 28:1-31.

Index: Afrikaans

 

Numeri 28

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]

28:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

28:2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sê vir hulle: Julle moet daarvoor sorg om my offer, my spys vir my vuuroffers as lieflike geur vir My, op die bepaalde tyd aan My te bring.

28:3 En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as ‘n voortdurende brandoffer.

28:4 Die een lam moet jy in die môre berei, en die ander lam moet jy teen die aand berei;

28:5 met ‘n tiende van ‘n efa fynmeel as spysoffer, gemeng met ‘n kwart-hin uitgestampte olie.

28:6 Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, ‘n vuuroffer aan die HERE.

28:7 En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees ‘n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.

28:8 En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei–‘n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.

28:9 Maar op die sabbatdag twee jaaroud lammers sonder gebrek en twee-tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en die drankoffer wat daarby behoort.

28:10 Dit is die brandoffer van die sabbat op elke sabbat, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

28:11 En by die begin van julle maande moet julle ‘n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;

28:12 en drie-tiendes van ‘n efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke bul, en twee tiendes fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir die een ram;

28:13 en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is ‘n brandoffer, ‘n lieflike geur, ‘n vuuroffer aan die HERE.

28:14 En hulle drankoffers moet wees ‘n half-hin wyn vir ‘n bul en ‘n derde van ‘n hin vir ‘n ram en ‘n kwart-hin vir ‘n lam. Dit is die brandoffer by elke nuwemaan, vir die maande van die jaar.

28:15 Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.

28:16 En in die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, is die pasga van die HERE.

28:17 En op die vyftiende dag van hierdie maand is dit fees; sewe dae lank moet ongesuurde brode geëet word.

28:18 Op die eerste dag moet daar ‘n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

28:19 Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.

28:20 En hulle spysoffer fynmeel met olie gemeng: drie-tiendes van ‘n efa vir ‘n bul en twee-tiendes vir ‘n ram moet julle berei.

28:21 Een-tiende moet jy vir elke lam van die sewe lammers berei.

28:22 Daarby een bokram as sondoffer om vir julle versoening te doen.

28:23 Behalwe die môrebrandoffer, wat as voortdurende brandoffer dien, moet julle dit berei.

28:24 Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word–en die drankoffer wat daarby behoort.

28:25 En op die sewende dag moet daar vir julle ‘n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

28:26 En op die dag van die eerstelinge, as julle ‘n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle’n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.

28:27 Dan moet julle ‘n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;

28:28 en hulle spysoffer: fynmeel met olie gemeng, drie-tiendes vir elke bul, twee-tiendes vir die een ram,

28:29 een-tiende vir elke lam van die sewe lammers;

28:30 een bokram om vir julle versoening te doen.

28:31 Behalwe die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, moet julle dit berei–hulle moet vir julle sonder gebrek wees–en hulle drankoffers.