We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Can't change? Jesus frees us

Bible – Afrikaans – Job Chapter 9:1-35.

Index: Afrikaans

 

Job 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

9:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

9:2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan ‘n mens regverdig wees by God?

9:3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.

9:4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?

9:5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;

9:6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;

9:7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter ‘n seël wegsluit;

9:8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;

9:9 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;

9:10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.

9:11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.

9:12 Sleep Hy weg–wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?

9:13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.

9:14 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;

9:15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!

9:16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.

9:17 Hy wat my deur ‘n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;

9:18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.

9:19 Kom dit aan op die krag van die sterkste–hier is Ek! En kom dit op reg aan–wie kan My dagvaar?

9:20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as ‘n verkeerde reken.

9:21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!

9:22 Dit is net eenders–daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.

9:23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.

9:24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?

9:25 Ja my dae was gouer as ‘n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.

9:26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos ‘n arend wat neerskiet op sy prooi.

9:27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,

9:28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.

9:29 Ek sal tog skuldig wees–waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?

9:30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,

9:31 dan sou U my in ‘n poel indompel, sodat my klere van my ‘n afsku kry.

9:32 Want Hy is nie ‘n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.

9:33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.

9:34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;

9:35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.