We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

People disappoint. God doesn't.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 23:1-17.

Index: Afrikaans

 

Job 23

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

23:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

23:2 Nog altyd geld my geklaag as wederstrewigheid; my hand lê swaar op my gesug.

23:3 Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind, maar kon kom tot by sy woning!

23:4 Dan sou ek die regsaak voor sy aangesig uiteensit en my mond met bewyse vul;

23:5 ek sou verneem die woorde wat Hy my sou antwoord, en verstaan wat Hy aan my sou sê.

23:6 Sou Hy met oormag teen my stry? Nee, maar Hy sou ag op my gee.

23:7 Dan sou daar ‘n opregte met Hom staan en pleit, en ek sou vir ewig van my regter vrykom.

23:8 Kyk, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.

23:9 As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie.

23:10 Want Hy weet hoe my wandel is; as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom.

23:11 Aan sy voetstap het my voet vasgehou; sy weg het ek bewaar sonder om uit te draai.

23:12 Van die gebod van sy lippe het ek nie afgewyk nie; die woorde van sy mond het ek bewaar meer as my eie wet.

23:13 Maar Hy bly onveranderlik Een–wie sal Hom dan teëhou? En wat sy siel begeer, dit doen Hy.

23:14 Want Hy sal volbring wat oor my besluit is, en baie sulke dinge is daar by Hom.

23:15 Daarom is ek verskrik voor sy aangesig; as ek daarop ag gee, vrees ek vir Hom.

23:16 En God het my hart week gemaak, en die Almagtige het my verskrik.

23:17 Want ek vergaan nie vanweë die duisternis of vanweë my eie aangesig wat deur donkerheid oordek is nie.