We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

When praying, don't give God instructions - just report for duty.

Bible – Afrikaans – Job Chapter 26:1-14.

Index: Afrikaans

 

Job 26

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]

26:1 Maar Job het geantwoord en gesê:

26:2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!

26:3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!

26:4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?

26:5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.

26:6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie–

26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor ‘n niks;

26:8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;

26:9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.

26:10 Hy het ‘n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.

26:11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.

26:12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.

26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.

26:14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat ‘n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?