We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: He's holding your atoms together

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 38:1-23.

Index: Afrikaans

 

Psalms 38

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

38:1 ‘n Psalm van Dawid, by die gedenkoffer.

38:2 o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.

38:3 Want u pyle het in my ingedring, en u hand het op my neergedaal.

38:4 Daar is geen heel plek in my vlees vanweë u grimmigheid nie; daar is niks gesond in my gebeente vanweë my sonde nie.

38:5 Want my ongeregtighede gaan oor my hoof; soos ‘n swaar pak het hulle vir my te swaar geword.

38:6 My wonde stink, hulle dra vanweë my dwaasheid.

38:7 Ek is krom, heeltemal geboë; die hele dag gaan ek in die rou;

38:8 want my lendene is vol ontsteking, en daar is geen heel plek in my vlees nie.

38:9 Ek is kragteloos en heeltemal verbrysel; ek brul van die gebons van my hart.

38:10 Here, voor U is al my begeertes, en my gesug is vir U nie verborge nie.

38:11 My hart slaan vinnig, my krag het my verlaat; en die lig van my oë, ook dit is nie by my nie.

38:12 Die wat my liefhet en my vriende is, staan opsy vir my kwaal, en my nabestaandes het ver gaan staan;

38:13 en die wat my lewe soek, span strikke; en die wat my ongeluk soek, spreek van ondergang, en hulle bedink die hele dag bedrog.

38:14 Maar ek is soos ‘n dowe: ek hoor nie, en soos ‘n stomme wat sy mond nie oopmaak nie.

38:15 Ja, ek is soos ‘n man wat nie hoor nie en in wie se mond geen teëspraak is nie;

38:16 want op U, HERE, wag ek; U sal verhoor, Here my God!

38:17 Want ek het gesê: Laat hulle net nie bly wees oor my nie! Hulle wat by die wankeling van my voet hul groot maak teen my!

38:18 Want ek is klaar om te val, en my smart is altyddeur voor my.

38:19 Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd oor my sonde.

38:20 Maar my vyande lewe, hulle is magtig; en die wat my valslik haat, is groot in aantal.

38:21 En die wat kwaad vir goed vergeld, behandel my vyandig, omdat ek die goeie najaag.

38:22 Verlaat my nie, o HERE! My God, wees nie ver van my af nie!

38:23 Maak tog gou om my te help, Here, my heil!