We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Find God. You were born to appreciate perfection

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 86:1-17.

Index: Afrikaans

 

Psalms 86

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

86:1 ‘n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig.

86:2 Bewaar my siel, want ‘n gunsgenoot is ek; U, my God, verlos u kneg wat op U vertrou.

86:3 Wees my genadig, o Here, want ek roep U aan die hele dag deur.

86:4 Verbly die siel van u kneg, want tot U, o Here, hef ek my siel op.

86:5 Want U, o Here, is goed en vergewensgesind en groot van goedertierenheid vir almal wat U aanroep.

86:6 HERE, luister na my gebed en let op die stem van my smekinge.

86:7 In die dag van my benoudheid roep ek U aan, want U verhoor my.

86:8 Daar is niemand soos U onder die gode, Here, en daar is niks soos u werke nie.

86:9 Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;

86:10 want U is groot en doen wonders, U alleen is God.

86:11 Leer my, HERE, u weg: ek sal in u waarheid wandel; verenig my hart tot die vrees van u Naam.

86:12 Here, my God, ek wil U loof met my hele hart en u Naam vir ewig eer;

86:13 want u goedertierenheid is groot oor my, en U het my siel uit die doderyk diep daaronder gered.

86:14 o God, vermeteles het teen my opgestaan, en ‘n bende tiranne soek my lewe; en hulle stel U nie voor hul oë nie.

86:15 Maar U, Here, is ‘n barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou.

86:16 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.

86:17 Doen aan my ‘n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.