We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Suffering from truth decay? Brush up on your Bible.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 140:1-14.

Index: Afrikaans

 

Psalms 140

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

140:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid.

140:2 Red my, HERE, van die kwaaddoeners, bewaar my vir die manne van geweld;

140:3 wat slegte dinge in die hart bedink, wat elke dag stryd verwek.

140:4 Hulle maak hul tong skerp soos ‘n slang; gif van ‘n adder is onder hulle lippe. Sela.

140:5 Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.

140:6 Trotsaards het vir my ‘n vangnet gespan en toue; hulle het ‘n net uitgespan aan die kant van die pad; strikke het hulle vir my gestel. Sela.

140:7 Ek het tot die HERE gesê: U is my God; luister tog, HERE, na die stem van my smekinge!

140:8 HERE Here, Sterkte van my heil, U beskut my hoof in die dag van stryd!

140:9 HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.

140:10 Wat betref die hoof van die wat my omring- laat die onheil van hulle lippe hulle oordek.

140:11 Laat vurige kole op hulle afgegooi word; mag Hy hulle laat val in die vuur, in kuile, sodat hulle nie weer opstaan nie!

140:12 Laat die kwaadspreker nie op aarde bevestig word nie; die man van geweld- laat die ongeluk hom jaag met slag op slag.

140:13 Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.

140:14 Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.