We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Don't let your worries get the best of you. Remember, Moses started out as a basket case

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 2:1-22.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 2

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

2:1 My seun, as jy my woorde aanneem en my gebooie by jou bewaar,

2:2 sodat jy jou oor laat luister na wysheid, jou hart neig tot verstand;

2:3 ja, as jy na die insig roep, na die verstand jou stem verhef,

2:4 as jy daarna soek soos na silwer en dit naspeur soos verborge skatte,

2:5 dan sal jy die vrees van die HERE verstaan en die kennis van God vind

2:6 (want die HERE gee wysheid, uit sy mond kom kennis en verstand,

2:7 en Hy bewaar hulp vir die opregtes, Hy is ‘n skild vir die wat regskape wandel

2:8 deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

2:9 dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid–elke goeie pad.

2:10 Want wysheid sal in jou hart kom, en kennis vir jou siel lieflik wees;

2:11 oorleg sal oor jou wag hou, verstand sal jou bewaak,

2:12 om jou te red van die weg van die slegte, van die mens wat valse dinge spreek;

2:13 van die wat die paaie van opregtheid verlaat om op weë van duisternis te wandel;

2:14 die wat hulle verheug in kwaaddoen, wat juig oor die valse streke van die slegte,

2:15 van wie die paaie verkeerd is, en wat afwyk in hulle spore;

2:16 om jou te red van die vreemde vrou, van die ontugtige wat met haar woorde vlei

2:17 (wat die vriend van haar jeug verlaat, en die verbond van haar God vergeet;

2:18 want haar huis sink weg na die dood en haar paaie na die skimme;

2:19 almal wat by haar ingaan, kom nie terug nie en bereik die paaie van die lewe nie)

2:20 sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

2:21 want die opregtes sal die land bewoon, en die regskapenes daarin oorbly,

2:22 maar die goddelose sal uit die land uitgeroei, en die ontroues sal daaruit weggeruk word.