We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Only with Jesus can you reach your full potential

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 12:1-28.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 12

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

12:1 Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.

12:2 Die goeie verkry ‘n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel ‘n slinkse man.

12:3 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

12:4 ‘n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos ‘n verrotting in sy gebeente.

12:5 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

12:6 Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.

12:7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

12:8 Ooreenkomstig sy insig word ‘n man geprys; maar ‘n verkeerde van hart sal verag word.

12:9 Wie gering geag word en ‘n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.

12:10 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.

12:11 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.

12:12 Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

12:13 In die oortreding van die lippe lê daar ‘n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.

12:14 Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van ‘n mens se hande kom op hom terug.

12:15 Die weg van ‘n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

12:16 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.

12:17 Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar ‘n valse getuie bedrog.

12:18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.

12:19 ‘n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar ‘n valse tong vir ‘n oomblik.

12:20 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.

12:21 Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.

12:22 Valse lippe is vir die HERE ‘n gruwel, maar Hy het ‘n welbehae in die wat getrou handel.

12:23 ‘n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.

12:24 Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.

12:25 Bekommernis in die hart van ‘n mens druk dit neer, maar ‘n vriendelike woord vrolik dit op.

12:26 Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.

12:27 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is ‘n kosbare skat vir ‘n mens.

12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.