We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Find God. You were born to appreciate perfection

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 19:1-29.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 19

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

19:1 ‘n Arme wat in sy regskapenheid wandel, is beter as ‘n verkeerde van lippe en daarby ‘n dwaas.

19:2 Selfs ywer is sonder kennis nie goed nie; en hy wat haastig is met die voete, trap mis.

19:3 ‘n Mens se sotheid bederwe sy weg, maar sy hart is vertoorn op die HERE.

19:4 Goed bring baie vriende aan, maar die arme word deur sy vriend verlaat.

19:5 ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, sal nie vrykom nie.

19:6 Baie soek die guns van die edele, en die man van geskenke het ‘n hoop vriende.

19:7 Al die broers van die arme haat hom; hoeveel te meer hou sy vriende hulle ver van hom af! Hy jaag agter hulle aan met woorde–weg is hulle!

19:8 Wie verstand verkry, het sy lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

19:9 ‘n Valse getuie bly nie ongestraf nie, en hy wat leuens uitstrooi, kom om.

19:10 Weelde pas nie vir ‘n dwaas nie, hoeveel minder vir ‘n kneg om oor vorste te heers!

19:11 Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die oortreding te vergewe.

19:12 Die grimmigheid van ‘n koning is soos die gebrom van ‘n jong leeu, maar sy welgevalle is soos dou op die plante.

19:13 ‘n Dwase seun is ‘n ramp vir sy vader, en die gekyf van ‘n vrou is ‘n aanhoudende gedrup.

19:14 Huis en goed is ‘n erfenis van die vaders, maar ‘n verstandige vrou is van die HERE.

19:15 Luiheid laat in ‘n diep slaap val, en een wat traag is, moet honger ly.

19:16 Wie die gebod hou, bewaar sy lewe; hy wat sy weë nie ag nie, sal sterwe.

19:17 Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die HERE; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.

19:18 Tugtig jou seun, want daar is hoop; maar laat dit nie in jou opkom om hom dood te maak nie.

19:19 Hy wat groot van woede is, sal die straf dra; want as jy wil red, dan maak jy dit nog erger.

19:20 Luister na raad en neem tug aan, sodat jy in die vervolg wys kan wees.

19:21 Baie planne is in ‘n man se hart, maar die raad van die HERE, dié sal bestaan.

19:22 Die kostelike besit van ‘n mens is sy weldadigheid; en liewer ‘n arme as ‘n leuenagtige man.

19:23 Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring ‘n mens die nag deur, sonder om deur ‘n onheil besoek te word.

19:24 Steek die luiaard sy hand in die skottel, dan bring hy dit nie eens na sy mond terug nie.

19:25 Slaan jy die spotter, dan word die eenvoudige bedagsaam; maar bestraf jy die verstandige, dan sal hy kennis verkry.

19:26 Hy wat sy vader geweld aandoen en sy moeder wegjaag, is ‘n seun wat skande maak en skandelik handel.

19:27 Hou op, my seun, om na tug te luister, terwyl jy tog afdwaal van die woorde van kennis.

19:28 ‘n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.

19:29 Vir die spotters staan strafgerigte klaar en slae vir die rug van die dwase.