We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

God loves each of us as if there were only one of us.
Augustine

Bible – Afrikaans – Spreuke van Salomo Chapter 23:1-35.

Index: Afrikaans

 

Spreuke van Salomo 23

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]

23:1 Sit jy aan om saam met ‘n heerser te eet, let dan net op wat vóór jou is,

23:2 en sit ‘n mes op jou keel as jy ‘n goeie eetlus het.

23:3 Moenie sy lekker ete begeer nie, want dit is bedrieglike spys.

23:4 Vermoei jou nie om ryk te word nie, laat staan jou slimheid.

23:5 Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!

23:6 Eet nie die brood van een wat afgunstig is nie, en begeer nie sy lekker ete nie.

23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

23:8 Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.

23:9 Spreek nie voor die ore van ‘n dwaas nie, want hy sal die verstandigheid van jou woorde verag.

23:10 Verlê die ou grenslyne nie, en kom nie op die landerye van die wese nie.

23:11 Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.

23:12 Bring jou hart na die tug en jou oor na woorde van kennis.

23:13 Hou die tug nie terug van die seun nie; as jy hom met die roede slaan, sal hy nie sterwe nie.

23:14 Jy sal hom wel met die roede slaan, maar sy lewe van die doderyk red.

23:15 My seun, as jou hart wys word, dan sal my hart hom ook verheug.

23:16 En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

23:17 Laat jou hart die sondaars nie beny nie, maar wees die hele dag in die vrees van die HERE.

23:18 Waarlik, daar is ‘n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.

23:19 Hoor, my seun, en word wys, en rig jou hart reguit op die weg.

23:20 Wees nie onder die wynsuipers nie, onder die wat as vrate hulle hart ophaal.

23:21 Want ‘n drinker en ‘n vraat sal arm word, en slaperigheid laat stukkende klere dra.

23:22 Luister na jou vader wat jou verwek het, en verag jou moeder nie as sy oud geword het nie.

23:23 Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.

23:24 Die vader van ‘n regverdige juig baie; en as iemand ‘n wyse verwek het, dan is hy bly oor hom.

23:25 Laat jou vader en jou moeder bly wees, en laat sy juig wat jou gebaar het.

23:26 My seun, gee my jou hart, en laat jou oë ‘n welgevalle hê in my weë.

23:27 Want ‘n hoer is ‘n diep kuil, en ‘n ontugtige vrou is ‘n nou put.

23:28 Sy lê ook en loer soos ‘n rower en vermeerder die ontroues onder die mensdom.

23:29 By wie is Ag!; by wie is Wee my!; by wie is getwis; by wie is geklaag; by wie is wonde sonder oorsaak; by wie is dofheid van oë?

23:30 By die wat láát opbly by die wyn, by die wat ingaan om gemengde drank te proe.

23:31 Kyk nie na die wyn as dit rooiagtig lyk, as dit sy glans gee in die beker, glad na binne gly nie:

23:32 op die end byt dit soos ‘n slang en spuug gif uit soos ‘n basilisk.

23:33 Jou oë sal vreemde dinge sien en jou hart verkeerde dinge spreek;

23:34 en jy sal wees soos een wat in die hart van die see lê en soos een wat op die top van die mas lê.

23:35 Hulle het my geslaan, sê jy dan, ek het geen pyn gevoel nie; hulle het my neergeslaan, ek het dit nie gemerk nie! (23:36) Wanneer sal ek wakker word? Dan sal ek dit weer opnuut soek.