We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Bibles that are falling apart are usually owned by people who aren't.

Bible – Afrikaans – Hooglied van Salomo Chapter 6:1-13.

Index: Afrikaans

 

Hooglied van Salomo 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]

6:1 Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?

6:2 My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.

6:3 Ek is my beminde s’n, en my beminde is myne–hy wat herder is onder die lelies.

6:4 Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.

6:5 Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos ‘n kudde bokke wat van Gílead afgolf.

6:6 U tande is soos ‘n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

6:7 U slape is soos ‘n granaatskyf deur u sluier heen.

6:8 Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.

6:9 Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:

6:10 Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?

6:11 Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.

6:12 Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.

6:13 Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.