We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Many folks want to serve God, but only as advisers

Bible – Afrikaans – Hooglied van Salomo Chapter 8:1-14.

Index: Afrikaans

 

Hooglied van Salomo 8

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]

8:1 Ag, was u maar vir my soos ‘n broer wat aan die borste van my moeder drink! As ek u daar buite vind, ek sou u kus; en tog sou hulle my nie verag nie.

8:2 Ek sou u lei, ek sou u bring in die huis van my moeder; sy sou my leer; ek sou u laat drink van die gekruide wyn, van my granaatmos.

8:3 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

8:4 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem: Waarom wil julle wakker maak en waarom wil julle opwek die liefde voordat dit die liefde behaag?

8:5 Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn, wat leun op haar beminde? Onder die appelboom het ek u opgewek. Daar was u moeder in barensweë oor u, daar was sy in barensweë wat u voortgebring het.

8:6 Dra my soos ‘n seëlring op u hart, soos ‘n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is ‘n gloed van vuur, ‘n vlam van die HERE.

8:7 Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie; al gee ‘n man ook al die goed van sy huis vir die liefde, hulle sou hom diep verag.

8:8 Ons het ‘n klein sustertjie wat nog nie borste het nie; wat moet ons met ons suster maak dié dag as sy gevra word?

8:9 As sy ‘n muur is, sal ons ‘n silwerrand daarop bou, en as sy ‘n deur is, sal ons dit met ‘n sederplank toeslaan.

8:10 Ek is ‘n muur, en my borste soos torings: toe het ek in sy oë geword soos een wat vrede vind.

8:11 Salomo het ‘n wingerd in Baäl-Hamon gehad; hy het die wingerd aan die oppassers oorgegee; elkeen moes vir sy vrugte duisend sikkels silwer inbring.

8:12 My wingerd, myne, is hier voor my, die duisend sikkels is vir u, Salomo, en twee honderd vir die wat sy vrugte bewaak.

8:13 U wat in die tuine woon vriende luister na u stem; laat my dit hoor.

8:14 Vlug, my beminde, en maak soos die gemsbok of die jong takbok op die balsemberge.