We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

No one understands like Jesus

Bible – Afrikaans – Jesaja Chapter 64:1-12.

Index: Afrikaans

 

Jesaja 64

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]

64:1 Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig

64:2 –soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel–om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe

64:3 wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie–as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig!

64:4 Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het ‘n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U.

64:5 U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en–sal ons verlos word?

64:6 En ons het almal geword soos ‘n onreine, en al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind.

64:7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.

64:8 Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.

64:9 HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.

64:10 U heilige stede het ‘n woestyn geword; Sion het ‘n woestyn geword, Jerusalem ‘n wildernis.

64:11 Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het ‘n puinhoop geword.

64:12 HERE, sal U by hierdie dinge U bedwing? Sal U swyg en ons uitermate verdruk?