We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The rapture! Separation of church and state

Bible – Afrikaans – Hosea Chapter 6:1-11.

Index: Afrikaans

 

Hosea 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]

6:1 Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.

6:2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

6:3 En laat ons ken–laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.

6:4 Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos ‘n môrewolk en soos ‘n dou wat vroeg weer verdwyn.

6:5 Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos ‘n ligstraal.

6:6 Want Ek het ‘n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers.

6:7 Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel.

6:8 Gílead is ‘n stad van kwaaddoeners, vol bloedspore.

6:9 En soos ‘n rower op die loer lê, loer ‘n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen.

6:10 In die huis van Israel het Ek ‘n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig.

6:11 Ook vir jou, o Juda, is daar ‘n oes beskik as Ek die lot van my volk verander.