We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

It will work out perfectly - if you let Jesus take control

Bible – Afrikaans – Hosea Chapter 7:1-16.

Index: Afrikaans

 

Hosea 7

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]

7:1 Terwyl Ek Israel genees, word die ongeregtigheid van Efraim openbaar en die booshede van Samaría; want hulle pleeg bedrog en die dief breek in en ‘n rowerbende plunder op die straat.

7:2 En hulle sê nie in hulle hart dat Ek aan al hulle boosheid dink nie; nou omsingel hulle dade hulle, dit lê oop voor my aangesig.

7:3 Met hulle boosheid verbly hulle die koning en met hulle leuens die vorste.

7:4 Hulle is almal owerspelers; hulle is soos ‘n oond wat bly brand, ook al het die bakker opgehou met stook, vandat die deeg geknee word totdat dit deursuur is.

7:5 Op die dag van ons koning is die vorste siek van verhitting deur wyn; hy steek sy hand uit na die spotters.

7:6 Ja, hulle het hul hart gemaak soos ‘n oond in hul arglistigheid; die ganse nag deur slaap hulle bakker, in die môre vroeg brand dit soos ‘n vuurvlam.

7:7 Hulle almal gloei soos ‘n oond en verteer hul regeerders, al hulle konings val; daar is niemand onder hulle wat My aanroep nie.

7:8 Efraim–hy vermeng hom met die volke; Efraim is ‘n roosterkoek wat nie omgekeer is nie.

7:9 Vreemdes verteer sy krag, en hy bemerk dit nie; ook is grysheid oor hom uitgesprei, en hy weet dit nie.

7:10 Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.

7:11 So het Efraim dan geword soos ‘n onnosele duif sonder verstand; hulle roep na Egipte, hulle gaan na Assur.

7:12 Wanneer hulle gaan, sal Ek my net oor hulle uitsprei; soos die voëls van die hemel trek Ek hulle neer; Ek tugtig hulle soos in hulle samekoms aangekondig is.

7:13 Wee hulle, omdat hulle van My weggevlieg het! Verwoesting oor hulle, omdat hulle teen My oortree het! Ék tog wou hulle verlos, maar húlle het leuens teen My gespreek.

7:14 Ook roep hulle nie van harte na My nie, maar jammer op hulle bedde; ter wille van koring en mos kerwe hulle hulself stukkend; hulle is opstandig teen My.

7:15 Alhoewel Ek hulle arms geoefen, versterk het, het hulle kwaad teen My beraam.

7:16 Hulle keer terug, maar nie na bo nie; hulle is soos ‘n bedrieglike boog; hulle vorste sal val deur die swaard weens die skeldwoorde van hulle tong. Dit is hulle bespotting in Egipteland.