We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Instead of complaining that God had hidden himself, you will give Him thanks for having revealed so much of Himself.
Blaise Pascal

Bible – Afrikaans – Jona Chapter 2:1-10.

Index: Afrikaans

 

Jona 2

[1]
[2]
[3]
[4]

2:1 En Jona het tot die HERE sy God gebid uit die ingewande van die vis

2:2 en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp–U het my stem gehoor.

2:3 U tog het my in die diepte gewerp, in die hart van die see, sodat ‘n stroom my omring het; al u bare en u golwe het oor my heengegaan.

2:4 Toe het ek gesê: Ek is weggestoot, weg van u oë; tog sal ek weer u heilige tempel aanskou.

2:5 Waters het my omring tot aan die siel toe, die vloed was rondom my; seegras was om my hoof gedraai.

2:6 Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!

2:7 Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.

2:8 Die wat nietige afgode vereer, verlaat die Een wat vir hulle goedertieren is.

2:9 Ek daarenteen sal aan U offer met ‘n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.

2:10 Daarop het die HERE die vis beveel om Jona op die droë grond uit te spuug.