Index: Afrikaans
Genesis 5
[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
5:1 Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
5:2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
5:3 Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
5:4 En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
5:5 So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.
5:6 Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.
5:7 En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:8 So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.
5:9 Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.
5:10 En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:11 So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.
5:12 Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.
5:13 En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:14 So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.
5:15 Toe Mahalálel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
5:16 En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:17 So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.
5:18 Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.
5:19 En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:20 So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.
5:21 Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
5:22 En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
5:23 So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.
5:24 En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
5:25 Toe Metúsalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.
5:26 En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:27 So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.
5:28 Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek
5:29 en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
5:30 En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
5:31 So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.
5:32 En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.