We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Let us not fail to see in the manner of our Lord’s resurrection, a type and pledge of the resurrection of His believing people. The grave could not hold Him beyond the appointed time, and it shall not be able to hold them. A glorious angel was a witness of His rising, and glorious angels shall be the messengers who shall gather believers when they rise again. He rose with a renewed body, and yet a body, real, true, and material, and so also shall His people have a glorious body, and be like their Head. “When we see Him we shall be like Him” (1 Jn. 3:2.).
J.C. Ryle

Why name joy the gift in trials? Because trials keep us from becoming complacent about our loving God and Savior when we are forced to our knees and the tears won’t stop. It is only then that our communion with our God is the purest. Trials drive us to run boldly to the throne of grace, to the safety of being on our faces in the presence of God, and to spend time in deep communion with God. When we are hurting, we don’t suffer as much from weak, shallow, and meaningless minutes with the Lord, We learn to relish and anticipate hours with God! The experience of communion and intimate fellowship with God is the very depiction of joy!
Steve Swartz

Bible – Afrikaans – Livitikus Chapter 6:1-30.

Index: Afrikaans

 

Livitikus 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]

6:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:2 As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,

6:3 of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer ten opsigte van enigiets wat ‘n mens kan doen om hom daarmee te besondig

6:4 as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gevind het;

6:5 of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet daar ten volle vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan wie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.

6:6 En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE ‘n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.

6:7 Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat ‘n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.

6:8 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:9 Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre toe bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.

6:10 En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.

6:11 Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ‘n rein plek uitbring.

6:12 En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer daaroor reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.

6:13 Vuur moet gedurigdeur op die altaar aan die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.

6:14 En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,

6:15 en een moet daarvan ‘n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.

6:16 En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet word op ‘n heilige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.

6:17 Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.

6:18 Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ‘n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.

6:19 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:20 Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van ‘n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.

6:21 Dit moet op ‘n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.

6:22 Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as ‘n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.

6:23 So moet dan elke spysoffer van ‘n priester ‘n voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.

6:24 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:

6:25 Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.

6:26 Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ‘n heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.

6:27 Alles wat aan die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar van die bloed op ‘n kledingstuk spat, moet jy die stuk waar dit op spat, op ‘n heilige plek was.

6:28 En ‘n erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar as dit in ‘n koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.

6:29 Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.

6:30 Maar elke sondoffer waarvan ‘n deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening te doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.