We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

WARNING: Exposure to the Son may prevent burning.

Bible – Afrikaans – Prediker Chapter 10:1-20.

Index: Afrikaans

 

Prediker 10

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]

10:1 Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; ‘n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.

10:2 Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van ‘n dwaas is na links.

10:3 Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy ‘n dwaas is.

10:4 As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.

10:5 Daar is ‘n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, ‘n dwaling wat van die maghebber uitgaan:

10:6 die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.

10:7 Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.

10:8 Wie ‘n kuil grawe, kan daarin val; en een wat ‘n muur afbreek, ‘n slang kan hom byt.

10:9 Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.

10:10 As die yster stomp geword het, en ‘n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.

10:11 As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.

10:12 Die woorde uit die mond van ‘n wyse is aangenaam, maar die lippe van ‘n dwaas verslind homself.

10:13 Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.

10:14 En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?

10:15 Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.

10:16 Wee jou, o land, as jou koning ‘n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.

10:17 Gelukkig is jy, o land, as jou koning ‘n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.

10:18 Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.

10:19 Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.

10:20 Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.