We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

You've achieved nothing until you find God

Let Him therefore send and do what He will. By His grace, if we are His, we will face it, bow to it, accept it, and give thanks for it. God’s Providence is always executed in the ‘wisest manner’ possible. We are often unable to see and understand the reasons and causes for specific events in our lives, in the lives of others, or in the history of the world. But our lack of understanding does not prevent us from believing God.
Don Fortner

Bible – Afrikaans – Hooglied van Salomo Chapter 2:1-17.

Index: Afrikaans

 

Hooglied van Salomo 2

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]

2:1 Ek is ‘n narsing van Saron, ‘n lelie van die dale.

2:2 Soos ‘n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.

2:3 Soos ‘n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

2:4 Hy het my in die wynhuis ingebring, en sy vaandel oor my was die liefde.

2:5 Versterk my met rosynekoeke, verkwik my met appels, want ek is krank van liefde.

2:6 Laat sy linkerarm onder my hoof wees en sy regterarm my omhels.

2:7 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.

2:8 Hoor, my beminde, kyk, daar kom hy! Hy spring oor die berge, hy huppel oor die heuwels.

2:9 My beminde lyk soos ‘n gemsbok of soos ‘n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen.

2:10 My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

2:11 Want kyk, die winter is verby, die reëntyd is oor, dit het verbygegaan.

2:12 Die bloeisels word gesien in die land, die sangtyd het aangebreek, en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.

2:13 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!

2:14 My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.

2:15 Vang julle vir ons die jakkalse, die klein jakkalse wat die wingerde verniel, want ons wingerde staan in die bloei.

2:16 My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.

2:17 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, kom aan, my beminde, maak soos die gemsbok of soos die jong takbok op die berge van skeiding.