We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Many favors which God gives us ravel out for want of hemming through our unthankfulness; for though prayer purchases blessings, giving praise keeps the quiet possession of them.
Thomas Fuller

Bible – Afrikaans – Hooglied van Salomo Chapter 4:1-16.

Index: Afrikaans

 

Hooglied van Salomo 4

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]

4:1 Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos ‘n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf.

4:2 U tande is soos ‘n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.

4:3 U lippe is soos ‘n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos ‘n granaatskyf deur u sluier heen.

4:4 U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.

4:5 U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ‘n gemsbok, wat onder die lelies wei.

4:6 Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.

4:7 Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.

4:8 Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van die Líbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.

4:9 U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.

4:10 Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!

4:11 Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.

4:12 My susterbruid is ‘n geslote tuin, ‘n geslote bron, ‘n verseëlde fontein.

4:13 U spruite is ‘n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,

4:14 nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.

4:15 U is ‘n fontein van die tuine, ‘n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.

4:16 Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.