We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

When Christians find themselves exposed to temptation they should pray to God to uphold them, and when they are tempted they should not be discouraged. It is not a sin to be tempted; the sin is to fall into temptation.
D.L. Moody

The problem is that many people cling to the symbol but never understand the reality it is intended to represent. Most likely, tens of thousands of people have 'invited Christ into [their] hearts,' thinking that a mystical experience is what saves them. Then, they go on their merry way, living their lives as they did before. If you were to ask them, 'How do you know that you are going to heaven?' they would respond, 'Because I invited Christ into my heart.' But if you probe, there is nothing beneath the shallowness of that reply. They did what someone told them to do, but never really embraced the Savior.
Daniel Wallace

Bible – Afrikaans – Amos Chapter 2:1-16.

Index: Afrikaans

 

Amos 2

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]

2:1 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.

2:2 Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Moab, en dit sal die paleise van Kérijot verteer; en Moab sal met oorlogsrumoer sterwe, met krygsgeskreeu en basuingeskal.

2:3 En Ek sal die regeerder onder hulle uitroei en al hulle vorste saam met hom doodmaak, sê die HERE.

2:4 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.

2:5 Daarom sal Ek ‘n vuur slinger in Juda, en dit sal die paleise van Jerusalem verteer.

2:6 So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir ‘n paar skoene.

2:7 Hulle wat daarna hyg dat die stof van die aarde op die hoof van die armes kom, en wat die weg van die ellendiges buig; en die man en sy vader gaan na dieselfde jongedogter om my heilige Naam te ontheilig.

2:8 En hulle strek hul uit op verpande klere by elke altaar, en die wyn van die wat beboet is, drink hulle in die huis van hul god.

2:9 En tog het Ék die Amoriet voor hulle uit verdelg wie se hoogte was soos die hoogte van die seders, en hy was sterk soos die eikebome; maar Ek het sy vrug daarbo en sy wortels daaronder verdelg.

2:10 Ook het Ek julle uit Egipteland laat optrek en julle veertig jaar lank in die woestyn gelei, om die land van die Amoriet in besit te neem.

2:11 En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.

2:12 Maar julle het die nasireërs wyn laat drink en aan die profete bevel gegee en gesê: Julle mag nie profeteer nie!

2:13 Kyk, Ek laat dit onder julle kraak, soos ‘n wa kraak wat vol gerwe is;

2:14 sodat die wat gou is, nie kan ontvlug nie, en die sterke sy krag nie kan ontwikkel en die held sy lewe nie kan red nie.

2:15 En die boogskutter sal nie bly staan en die wat gou is op sy voete, nie vrykom nie, en die perderuiter sal sy lewe nie red nie.

2:16 En die dapperste onder die helde sal op dié dag naak wegvlug, spreek die HERE.