We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Leadership training cannot be done on a mass scale. It requires patient, careful instruction and prayerful, personal guidance over a considerable time. Disciples are not manufactured wholesale. They are produced only one by one, because someone has taken the pains to disciple, to instruct and enlighten, to nurture and train one that is younger.
Oswald Sanders

We all know of those in leadership positions who seem to make vacillation a virtue. This is disastrous. Organizations suffer and even die by indecision, but some people seem to have little or no confidence in their decision-making ability. Are they missing a decision-making gene? No, they lack the courage of their convictions, the discipline of critical thinking, or the confidence of steady leadership.
Albert Mohler

Bible – Afrikaans – 1 Thimotheus Chapter 3:1-16.

Index: Afrikaans

 

1 Thimotheus 3

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]

3:1 Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk.

3:2 ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig;

3:3 geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;

3:4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.

3:5 Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?

3:6 Hy moet nie ‘n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.

3:7 Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.

3:8 Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,

3:9 manne wat die verborgenheid van die geloof in ‘n rein gewete hou.

3:10 En hulle moet ook eers ‘n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.

3:11 Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.

3:12 Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.

3:13 Want die wat goed gedien het, verkry vir hulle ‘n eervolle plek en veel vrymoedigheid in die geloof in Christus Jesus.

3:14 Ek skryf jou hierdie dinge in die hoop om gou na jou te kom.

3:15 Maar as ek vertoef, dan kan jy weet hoe iemand hom moet gedra in die huis van God, wat die gemeente is van die lewende God, ‘n pilaar en grondslag van die waarheid.

3:16 En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.