We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

To ignore our Creator is the height of selfishness

Bible – Afrikaans – 1 Thimotheus Chapter 2:1-15.

Index: Afrikaans

 

1 Thimotheus 2

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]

2:1 In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;

2:2 vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.

2:3 Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,

2:4 wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.

2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,

2:6 wat Homself gegee het as ‘n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,

2:7 waartoe ek aangestel is as ‘n prediker en apostel–ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie–‘n leraar van die heidene in geloof en waarheid.

2:8 Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.

2:9 So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,

2:10 maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.

2:11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.

2:12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

2:13 Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva.

2:14 En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.

2:15 Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.