We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

How would you finish [this] sentence? “One thing have I desired of the Lord; that will I seek after _________.” What is the greatest desire and longing of your heart? In the answer to that question lies the explanation for much of what we do – our choices, our priorities, our use of time, the way we spend money, the way we respond to pressure, whom or what we love. [King] David’s answer (see Psm. 27:4) reveals why God could say, “This man’s heart beats like mine.”
Nancy Leigh DeMoss

A Christian comes to contentment, not so much by way of addition, as by way of subtraction. That is his way of contentment, and it is a way that the world has no skill in. I open it thus: not so much by adding to what he would have, or to what he has, not by adding more to his condition; but rather by subtracting from his desires, so as to make his desires and his circumstances even and equal… [A] heart that has no grace, and is not instructed in this mystery of contentment, knows of no way to get contentment, but to have his possessions raised up to his desires; but the Christian has another way to contentment, that is, he can bring his desires down to his possessions, and so he attains his contentment.
Jeremiah Burroughs

Bible – Afrikaans – 1 Thimotheus Chapter 5:1-25.

Index: Afrikaans

 

1 Thimotheus 5

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]

5:1 ‘n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos ‘n vader, jongeres soos broers,

5:2 bejaarde vroue soos moeders, jongeres soos susters in alle reinheid.

5:3 Eer die weduwees wat waarlik weduwees is.

5:4 Maar as ‘n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God.

5:5 En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag.

5:6 Maar sy wat losbandig is, is lewendig dood.

5:7 Beveel ook hierdie dinge, sodat hulle onberispelik kan wees.

5:8 Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as ‘n ongelowige.

5:9 Laat ‘n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het

5:10 en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het.

5:11 Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou

5:12 en kom onder ‘n oordeel, omdat hulle hul eerste geloof verwerp het.

5:13 En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie.

5:14 Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie.

5:15 Want sommige het al afgewyk agter die Satan aan.

5:16 As ‘n gelowige man of ‘n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help.

5:17 Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.

5:18 Want die Skrif sê: Jy mag ‘n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd.

5:19 Moenie ‘n beskuldiging teen ‘n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie.

5:20 Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees.

5:21 Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.

5:22 Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein.

5:23 Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik ‘n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede.

5:24 Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna.

5:25 Net so is ook die goeie werke baie duidelik, en ook die wat anders is, kan nie weggesteek word nie.