We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

1. The Father is called God (John 6:27; 20:17; 1 Cor. 8:6; Gal. 1:1; Eph. 4:6; Phil. 2:11; 1 Pet. 1:2). 2. Jesus Christ, the Son is declared to be God. His deity is proven by the divine names given to Him, by His works that only God could do (upholding all things, Col. 1:17; creation, Col. 1:16, John 1:3; and future judgment, John 5:27), by His divine attributes (eternality, John 17:5; omnipresence, Matt. 28:20; omnipotence, Heb. 1:3; omniscience, Matt. 9:4), and by explicit statements declaring His deity (John 1:1; 20:28; Titus 2:13; Heb. 1:8). 3. The Holy Spirit is recognized as God. By comparing Peter’s comments in Acts 5:3 and 4, we see that in lying to the Holy Spirit (vs. 3), Ananias was lying to God (vs. 4). He has the attributes which only God can possess like omniscience (1 Cor. 2:10) and omnipresence (1 Cor. 6:19), and He regenerates people to new life (John 3:5-6, 8; Tit. 3:5), which must of necessity be a work of God for only God has the power of life. Finally, His deity is evident by the divine names used for the Spirit as “the Spirit of our God,” (1 Cor. 6:11), which should be understood as “the Spirit, who is our God.”
J. Hampton Keathley

Bible – Afrikaans – Hebreërs Chapter 8:1-13.

Index: Afrikaans

 

Hebreërs 8

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]

8:1 Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so ‘n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,

8:2 ‘n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie ‘n mens nie.

8:3 Want elke hoëpriester word aangestel om gawes en offers te bring. Daarom moes Hy ook iets hê om te offer.

8:4 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,

8:5 hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is.

8:6 Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is.

8:7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.

8:8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ‘n nuwe verbond tot stand sal bring,

8:9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.

8:10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees.

8:11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.

8:12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

8:13 As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.