We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The godly do suffer and complain about it at times. But the Bible teaches plainly that their suffering, even after their conversion and reconciliation to God, is not punishment any longer, but chastening. It is not the punishment of a God who is angry with them, but the chastening of a God who is reconciled to them. Whom God loves, the Scriptures says, He chastens. He makes all things, including pain, “work together for good for them that love God, and are called according to His purpose.” That should be the consolation and strength of the saints… That affliction is actually a blessing in disguise. At other times, the pain hurts so much that they cannot, through the tears, see the disguise. Momentarily they lament the heavy hand of God upon them, but when they are thinking in their most saintly character, they praise God. His rod and staff comfort them.
John Gerstner

Bible – Afrikaans – Hebreërs Chapter 5:1-14.

Index: Afrikaans

 

Hebreërs 5

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]

5:1 Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring

5:2 as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.

5:3 En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.

5:4 En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.

5:5 So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.

5:6 Soos Hy ook op ‘n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

5:7 Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs–

5:8 Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;

5:9 en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword

5:10 en is deur God genoem ‘n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;

5:11 waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.

5:12 Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat ‘n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.

5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy ‘n kind is.

5:14 Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.