We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus said, “If you obey My commands, you will remain in My love, just as I have obeyed My Father’s commands and remain in His love. I have told you this so that My joy may be in you and that your joy may be complete” (Jn. 15:10-11). In this statement Jesus links obedience and joy in a cause and effect manner; that is, joy results from obedience. Only those who are obedient – who are pursuing holiness as a way of life – will know the joy that comes from God.
Jerry Bridges

If someone or something holds any sway over God, if one atom is rebellious to God’s will, one bit of knowledge is unknown to God’s mind, one law is forbidding God’s desires, if anything prohibits God from accomplishing His universal plans, He is no longer sovereign. And if He is no longer sovereign, that which is able to oppose His will has now become greater than Him.
Randy Smith

Bible – Afrikaans – Numeri Chapter 17:1-13.

Index: Afrikaans

 

Numeri 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]

17:1 Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:

17:2 Spreek met die kinders van Israel en neem van hulle vir elke stam ‘n staf, van al hulle owerstes volgens hulle stamme, twaalf stawe; elkeen se naam moet jy skrywe op sy staf.

17:3 En Aäron se naam moet jy skrywe op die staf van Levi; want een staf moet daar wees vir hulle stamhoof.

17:4 En jy moet hulle wegsit in die tent van samekoms voor die Getuienis waar Ek met julle saamkom.

17:5 En die staf van die man wat Ek uitkies, sal bloei; en Ek sal die murmureringe van die kinders van Israel wat hulle teen julle murmureer, stilmaak teenoor My.

17:6 Daarop het Moses met die kinders van Israel gespreek; en al hulle owerstes het hom ‘n staf gegee, vir elke owerste een volgens hulle stamme, twaalf stawe. Aäron se staf was ook onder hulle stawe.

17:7 En Moses het die stawe voor die aangesig van die HERE in die tent van die Getuienis neergesit.

17:8 En toe Moses die volgende dag in die tent van die Getuienis ingaan, kyk, daar het die staf van Aäron, vir die huis van Levi, gebloei: dit het bloeisels laat uitspruit en blomme laat oopgaan en amandels laat ryp word!

17:9 Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.

17:10 Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.

17:11 En Moses het dit gedoen; soos die HERE hom beveel het, so het hy gedoen.

17:12 Toe het die kinders van Israel met Moses gespreek en gesê: Kyk, ons sterwe, ons vergaan, ons almal vergaan!

17:13 Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?