We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Just because you come to Christ does not mean you will not experience suffering. Christians and non-Christians suffer with similar trials. The difference is not in the nature of the trial, but rather the way in which we respond to the trials. You see, the world needs things in their life to go well to stay happy. Therefore they are continually up and down based upon their circumstances. Christians however know that God is sovereign over the trials they experience. They know the trials are specifically customized to their lives sent from the wise and loving hands of God. They are not sent to rob us of our joy. They are sent to refine us and make us more like Christ. Therefore it is our responsibility to by God’s grace remain under the trials until they perform in us the work designated by God. Knowing and believing this, we can have deep joy even in the worst of times because we know God’s refining process is the best thing we can ask for for spiritual transformation, Christlikeness.
Randy Smith

It may be you have been more earnest and vehement for assurance, and the effects of it, viz., joy, comfort, and peace, than you have been for grace and holiness, for communion with God, and conformity to God. It may be your requests for assurance have been full of life and spirits, when your requests for grace and holiness, for communion with God, and conformity to God, have been lifeless and spiritless. If so, no wonder that assurance is denied you. Assurance makes most for your comfort, but holiness makes most for God’s honour. Man’s holiness is now his greatest happiness, and in heaven man’s greatest happiness will be his perfect holiness.
Thomas Brooks

Bible – Afrikaans – Deuternomium Chapter 17:1-20.

Index: Afrikaans

 

Deuternomium 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]

17:1 Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan ‘n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God ‘n gruwel.

17:2 As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, ‘n man of ‘n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,

17:3 en ander gode gaan dien en voor hulle neerbuig, en voor die son of die maan of die hele leër van die hemel–wat Ek nie beveel het nie–

17:4 en dit aan jou vertel word, en jy dit hoor, dan moet jy terdeë ondersoek instel, en as dit waarheid is, staan die saak vas, is hierdie gruwel in Israel gedoen,

17:5 dan moet jy dié man of dié vrou wat hierdie verkeerde ding gedoen het, na jou poorte uitbring–die man of die vrou–en jy moet hulle stenig, dat hulle sterwe.

17:6 Op die verklaring van twee getuies of drie getuies moet die veroordeelde gedood word; hy mag nie gedood word op die verklaring van een getuie nie.

17:7 Die hand van die getuies moet eerste teen hom wees om hom dood te maak, en daarna die hand van die hele volk. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.

17:8 As ‘n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding–regsake in jou poorte–dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;

17:9 en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.

17:10 En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.

17:11 Ooreenkomstig die wet wat hulle jou leer en volgens die regspraak wat hulle jou sê, moet jy handel; jy mag nie regs of links afwyk van die uitspraak wat hulle jou te kenne gee nie.

17:12 En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie–dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.

17:13 En die hele volk sal dit hoor en vrees en nie meer vermetel handel nie.

17:14 As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil ‘n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,

17:15 dan moet jy sekerlik ‘n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy ‘n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.

17:16 Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.

17:17 Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie.

17:18 En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom ‘n afskrif van hierdie wet in ‘n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;

17:19 en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;

17:20 sodat sy hart hom nie verhef oor sy broers nie en hy van die gebod nie regs of links afwyk nie; dat hy die dae kan verleng in sy koninkryk, hy en sy seuns, onder Israel.