We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Heal the Past... Live the Present... Dream the Future...

Bible – Afrikaans – Joshua Chapter 16:1-10.

Index: Afrikaans

 

Joshua 16

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]

16:1 En die lot het uitgekom vir die kinders van Josef: van die Jordaan van Jérigo af, oostelik van die waters van Jérigo, na die woestyn wat van Jérigo af oploop in die gebergte, na Bet-el;

16:2 verder loop dit van Bet-el af aan na Lus en loop oor na die grondgebied van die Arkiete, na Atarot;

16:3 dan loop dit af in die weste na die grondgebied van die Jafletiete, tot by die gebied van Bet-Horon-Onder en tot by Geser, sodat dit doodloop by die see.

16:4 So het dan die seuns van Josef, Manasse en Efraim, ‘n erfdeel ontvang.

16:5 En dit was die grondgebied van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte–die lyn van hulle erfdeel was, in die ooste: Atrot-Addar tot by Bet-Horon-Bo;

16:6 dan loop die lyn aan na die see; in die noorde: Mígmetat; dan swaai die lyn in oostelike rigting na Táänat-Silo en loop oos daarvan oor na Janóag;

16:7 en van Janóag loop dit af na Atarot en Náharat en raak dan aan Jérigo en loop op die Jordaan uit.

16:8 Van Tappúag af loop die lyn in westelike rigting na die spruit Kana; verder loop dit dood by die see. Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Efraim volgens hulle geslagte;

16:9 en die stede wat vir die kinders van Efraim afgesonder was in die erfdeel van die kinders van Manasse, al die stede met hulle dorpe.

16:10 Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.