We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Coincidence is when God chooses to remain anonymous.

Bible – Afrikaans – 1 Kronieke Chapter 20:1-8.

Index: Afrikaans

 

1 Kronieke 20

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]

20:1 En ná verloop van ‘n jaar, teen die tyd dat die konings uittrek, het Joab die leërmag aangevoer en die land van die kinders van Ammon verwoes; hy het ook gekom en Rabba beleër, terwyl Dawid in Jerusalem gebly het. En Joab het Rabba verslaan en dit afgebreek.

20:2 En Dawid het die kroon van Milkom van sy hoof afgeneem en bevind dat die gewig daarvan ‘n talent goud was; en daarin was ‘n kosbare steen, en dit het op die hoof van Dawid gekom; en hy het ‘n baie groot buit van die stad uitgebring.

20:3 Hy het ook die bevolking wat daarin was, uitgebring en hulle met die saag laat saag, en met ysterpenne en met byle laat werk; en so het Dawid gedoen met al die stede van die kinders van Ammon. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

20:4 En daarna het daar by Geser oorlog ontstaan met die Filistyne; toe het Síbbegai, die Husatiet, Síppai, uit die kinders van die Refaïte verslaan, sodat hulle onderworpe geraak het.

20:5 En daar was weer oorlog met die Filistyne; en Élhanan, die seun van Jaïr, het Lagmi, die broer van Goliat, die Gittiet, wie se spiessteel soos ‘n wewersbalk was, verslaan.

20:6 En daar was weer oorlog by Gat, en daar was ‘n baie lang man met ses vingers aan elke hand en voet, vier en twintig; en hy was ook ‘n afstammeling van die Refaïete.

20:7 En hy het Israel uitgedaag, maar Jónatan, die seun van Símea, die broer van Dawid, het hom verslaan.

20:8 Hulle was afstammelinge van die Refaïete in Gat, en hulle het geval deur die hand van Dawid en deur die hand van sy dienaars.