We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Make God smile again. Accept his forgivenesess

Bible – Afrikaans – Esegiël Chapter 19:1-14.

Index: Afrikaans

 

Esegiël 19

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]

19:1 Verder, hef jy ‘n klaaglied aan oor die vorste van Israel,

19:2 en sê: Wat was jou moeder? ‘n Leeuin: tussen die leeus het sy gelê, onder die jong leeus het sy haar kleintjies grootgemaak.

19:3 En sy het een van haar kleintjies opgekweek, ‘n jong leeu het hy geword; en hy het geleer om prooi te verskeur, hy het mense geëet.

19:4 En die nasies het van hom gehoor; in hulle vangkuil is hy gevang, en hulle het hom met hake na Egipteland gebring.

19:5 En toe sy sien dat sy teleurgestel is, haar hoop verlore, het sy ‘n ander een van haar kleintjies geneem, hom ‘n jong leeu gemaak.

19:6 En hy het rondgeloop onder die leeus, het ‘n jong leeu geword en geleer om prooi te verskeur; hy het mense geëet.

19:7 Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.

19:8 Toe het die nasies rondom uit die lande hulle teen hom opgestel en hul net oor hom uitgesprei; in hulle vangkuil is hy gevang.

19:9 En hulle het hom in ‘n hok gesit aan hake en hom na die koning van Babel gebring; hulle het hom in vestings gebring, dat sy stem nie meer gehoor sou word op die berge van Israel nie.

19:10 Jou moeder was soos ‘n wingerdstok in jou rustige tyd; by waters was dit geplant; dit was vrugbaar en vol ranke vanweë die baie waters.

19:11 En dit het sterk takke gekry om as septers vir heersers te dien, en sy top was hoog tussen die digte takke in; en dit het hom vertoon in sy hoogte, in die menigte van sy ranke.

19:12 Maar dit is in grimmigheid uitgeruk, teen die grond gegooi, en die oostewind het sy vrugte laat verdroog; hulle is afgeruk en het verdroog; sy sterk tak–die vuur het dit verteer.

19:13 En nou is dit geplant in die woestyn, in ‘n dor en dorstige land.

19:14 En vuur het uitgegaan uit sy tak vol lote, dit het sy vrugte verteer; en geen sterk tak is daarin as septer om te heers nie. ‘n Klaaglied is dit, en ‘n klaaglied het dit geword.