We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

I bet you're wondering where you are going to go to church tomorrow.

Bible – Afrikaans – Miga Chapter 2:1-13.

Index: Afrikaans

 

Miga 2

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]

2:1 Wee die wat onreg uitdink en kwaad smee op hulle bedde; by die môrelig voer hulle dit uit, want dit is in die mag van hulle hand.

2:2 Ja, hulle begeer velde en roof dit; ook huise en neem dit. So pleeg hulle dan geweld teenoor die man en sy huis, teenoor die mens en sy erfdeel.

2:3 Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal ‘n tyd van onheil wees!

2:4 In dié dag sal hulle ‘n spotlied oor julle aanhef en ‘n klaaglied sing: Dit is gedaan–sal hulle sê–ons is heeltemal verwoes; die eiendom van my volk laat Hy van besitter verander. Hoe neem Hy dit van my af! Aan die afvalliges deel Hy ons velde uit.

2:5 Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in’n erfdeel in die vergadering van die HERE nie.

2:6 Moet nie profeteer nie! sê die valse profete. As ‘n mens hieroor nie mag profeteer nie, sal die beskimping nie ophou nie!

2:7 Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?

2:8 Maar reeds vroeër het my volk vyandig opgetree. Julle pluk die mantel af, weg van die kleed van die wat in gerustheid verbygaan, wat afkerig is van oorlog.

2:9 Die vroue van my volk verdryf julle uit die huis wat hulle liefhet; van hulle kinders neem julle my sieraad weg in ewigheid.

2:10 Staan op en gaan heen! Want nie hiér is die rusplek nie, weens die onreinheid wat verwoesting aanrig, ja, ‘n onherstelbare verwoesting.

2:11 As iemand wind nawandel en bedrieglik lieg en sê: Ek sal vir jou profeteer by wyn en sterk drank–dan sou hy vir hierdie volk ‘n profeet wees!

2:12 Gewis sal Ek jou geheel en al versamel, o Jakob! Gewis sal Ek vergader die oorblyfsel van Israel; almal bymekaarbring soos skape in ‘n kraal, soos ‘n kudde in sy weiveld; en dit sal dreun van mense.

2:13 Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.