We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The center of Christianity is the coming of the Son of God into the world as a real man to destroy the works of the devil and create a new people for His own glory. The very heart of our faith is that He did this by obeying the law of God, dying for the sins of His people, rising victorious over death, ascending to God's right hand with all His enemies under his feet. The second coming of Christ is the completion of His saving work. If you take it away, the whole fabric of His saving work unravels.
John Piper

Evidence, evidence, evidence, will be the one thing wanted when the great white throne is set, when the books are opened, when the graves give up their tenants, when the dead are arraigned before the bar of God. Without some evidence that our faith in Christ was real and genuine, we shall only rise again to be condemned. I can find no evidence that will be admitted in that day, except sanctification. The question will not be how we talked and what we professed, but how we lived and what we did. Let no man deceive himself on this point. If anything is certain about the future, it is certain that there will be a judgment; and if anything is certain about judgment, it is certain that men’s “works” and “doings” will be considered and examined in it (Jn. 5:29; 2 Cor. 5:10; Rev. 20:13). He that supposes works are of no importance, because they cannot justify us, is a very ignorant Christian. Unless he opens his eyes, he will find to his cost that if he comes to the bar of God without some evidence of grace, he had better never have been born.
J.C. Ryle

Bible – Afrikaans – Die Handelinge van die Apostels Chapter 18:1-28.

Index: Afrikaans

 

Die Handelinge van die Apostels 18

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]

18:1 En daarna het Paulus uit Athéne vertrek en in Korinthe gekom.

18:2 En hy het ‘n Jood gevind met die naam van Aquila, afkomstig uit Pontus, wat onlangs met sy vrou Priscílla van Italië gekom het, omdat Claudius beveel het dat al die Jode uit Rome moes vertrek. Na hulle toe het hy gegaan;

18:3 en omdat hy van dieselfde ambag was, het hy by hulle gebly en gewerk, want hulle was tentmakers van ambag.

18:4 En hy het elke sabbat in die sinagoge gespreek en Jode sowel as Grieke oortuig.

18:5 En toe Silas en Timótheüs van Macedónië afgekom het, was Paulus ywerig besig om aan die Jode kragtig te betuig dat Jesus die Christus is.

18:6 Maar toe hulle aanhou om teëstand te bied en godslasterlike dinge te spreek, het hy sy klere uitgeskud en vir hulle gesê: Julle bloed is op julle hoof. Ek is rein. Van nou af sal ek na die heidene gaan.

18:7 En hy het daarvandaan weggegaan en in die huis gekom van iemand met die naam van Justus, wat ‘n godvresende man was, wie se huis naasaan die sinagoge gestaan het.

18:8 En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.

18:9 En die Here het deur ‘n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;

18:10 want Ek is met jou, en niemand sal die hand aan jou slaan om jou kwaad aan te doen nie, want Ek het baie mense in hierdie stad.

18:11 En hy het daar gebly ‘n jaar en ses maande lank en die woord van God onder hulle geleer.

18:12 En toe Gállio goewerneur van Acháje was, het die Jode eenparig teen Paulus opgestaan en hom voor die regterstoel gebring

18:13 en gesê: Hierdie man haal die mense oor om God op onwettige wyse te vereer.

18:14 En toe Paulus sy mond wou oopmaak, sê Gállio vir die Jode: As daar nou enige oortreding of kwaadwillige skelmstuk was, dan sou ek rede hê om julle te verdra, o Jode;

18:15 maar as dit ‘n geskil is oor ‘n woord en oor name en oor ‘n wet wat vir julle geld, moet julle toesien, want daaroor wil ek geen regter wees nie.

18:16 En hy het hulle van die regterstoel weggedryf.

18:17 En al die Grieke het Sósthenes, die hoof van die sinagoge, gegryp en hom voor die regterstoel geslaan; en Gállio het hom aan niks van hierdie dinge gesteur nie.

18:18 En nadat Paulus nog verskeie dae daar gebly het, het hy van die broeders afskeid geneem en na Sírië uitgeseil, en saam met hom Priscílla en Aquila. En in Kenchréë het hy sy hoof geskeer, want hy het ‘n gelofte gedoen.

18:19 En hy het in Éfese aangekom en hulle daar laat bly, maar self in die sinagoge gegaan en met die Jode gespreek.

18:20 En toe hulle versoek dat hy langer by hulle moes vertoef, het hy nie toegestem nie,

18:21 maar van hulle afskeid geneem en gesê: Ek moet sekerlik die komende fees in Jerusalem vier, maar ek sal weer na julle terugkom as God wil. En hy het van Éfese afgevaar.

18:22 En toe hy in Cesaréa gekom het en opgegaan en die gemeente gegroet het, het hy afgereis na Antiochíë.

18:23 En nadat hy ‘n tyd lank vertoef het, het hy vertrek en agtereenvolgens die land Galásië en Frígië deurgereis en al die dissipels versterk.

18:24 En ‘n sekere Jood met die naam van Apollos, wat in Alexandríë gebore was, ‘n welsprekende man, het in Éfese aangekom; en hy was magtig in die Skrifte.

18:25 Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.

18:26 En hy het vrymoediglik in die sinagoge begin spreek; maar nadat Aquila en Priscílla hom gehoor het, het hulle hom by hulle geneem en hom noukeuriger die weg van God uitgelê.

18:27 En toe hy wou deurgaan na Acháje, het die broeders hom aangemoedig en aan die dissipels geskrywe om hom te ontvang. En daar aangekom, was hy deur die genade die gelowiges tot veel nut;

18:28 want hy het die Jode kragtig in die openbaar weerlê en deur die Skrifte bewys dat Jesus die Christus is.