We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Gratitude produces deep, abiding joy because we know that God is working in us, even through difficulties.

Bible – Afrikaans – 1 Korinthërs Chapter 12:1-31.

Index: Afrikaans

 

1 Korinthërs 12

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]

12:1 En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.

12:2 Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.

12:3 Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus ‘n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.

12:4 Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;

12:5 en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;

12:6 en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.

12:7 Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.

12:8 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;

12:9 aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;

12:10 aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale.

12:11 Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

12:12 Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.

12:13 Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.

12:14 Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.

12:15 As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie–behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

12:16 En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie–behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?

12:17 As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?

12:18 Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.

12:19 As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?

12:20 Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.

12:21 En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.

12:22 Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;

12:23 en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,

12:24 terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,

12:25 sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.

12:26 En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.

12:27 Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.

12:28 En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.

12:29 Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?

12:30 Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?

12:31 Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle ‘n nog uitnemender weg.