We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

It is not how much we have, but how much we enjoy, that makes happiness.
Charles Spurgeon

Bible – Afrikaans – 1 Thessalonicense Chapter 3:1-13.

Index: Afrikaans

 

1 Thessalonicense 3

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]

3:1 Daarom, toe ons dit nie langer kon uithou nie, het ons besluit om in Athéne alleen agter te bly;

3:2 en ons het Timótheüs, ons broeder en dienaar van God en ons medewerker in die evangelie van Christus, gestuur om julle te versterk en julle te bemoedig in julle geloof,

3:3 sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is.

3:4 Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.

3:5 Daarom, toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek ook gestuur om julle geloof te wete te kom, of die versoeker julle nie miskien versoek het en ons arbeid tevergeefs sou wees nie.

3:6 Maar nou dat Timótheüs net van julle af by ons aangekom het en ons die goeie tyding van julle geloof en liefde gebring het, en dat julle altyd ‘n goeie herinnering aan ons behou en verlang om ons te sien, net soos ons ook vir julle–

3:7 daarom, broeders, is ons in al ons verdrukking en nood vertroos oor julle deur jul geloof.

3:8 Want nou leef ons, as julle vasstaan in die Here.

3:9 Want watter dank kan ons God vergelde oor julle vir al die blydskap waarmee ons om julle ontwil ons verbly voor onse God,

3:10 terwyl ons nag en dag baie ernstig bid om julle aangesig te sien en te voltooi wat aan julle geloof ontbreek?

3:11 Maar mag onse God en Vader self en onse Here Jesus Christus ons weg na julle toe rig;

3:12 en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,

3:13 sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.