We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus feels your pain

Bible – Afrikaans – Jakobus Chapter 3:1-18.

Index: Afrikaans

 

Jakobus 3

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]

3:1 Moenie baie leermeesters wees nie, my broeders, omdat julle weet dat ons ‘n groter oordeel sal ondergaan.

3:2 Want ons almal struikel dikwels. As iemand in woorde nie struikel nie, is hy ‘n volmaakte man, in staat om ook die hele liggaam in toom te hou.

3:3 Kyk, ons sit stange in die perde se bekke, sodat hulle ons gehoorsaam kan wees, en ons stuur hulle hele liggaam daarmee.

3:4 Kyk, ook die skepe, alhoewel hulle so groot is en deur hewige winde voortgedryf word, word gestuur deur ‘n baie klein roer net waarheen die stuurman wil.

3:5 Net so is die tong ook ‘n klein lid en beroem hom op groot dinge–kyk hoe ‘n groot hoop hout steek ‘n klein vuurtjie aan die brand.

3:6 Die tong is ook ‘n vuur, die wêreld van ongeregtigheid. Net so ‘n plek neem die tong onder ons lede in; dit besmet die hele liggaam en steek die hele lewensloop aan die brand en word uit die hel aangesteek.

3:7 Want elke soort natuur van wilde diere en voëls en kruipende sowel as seediere word getem en is getem deur die menslike natuur.

3:8 Maar die tong kan geen mens tem nie; dit is ‘n onbedwingbare kwaad, vol dodelike gif.

3:9 Daarmee loof ons God en die Vader, en daarmee vervloek ons die mense wat na die gelykenis van God gemaak is.

3:10 Uit dieselfde mond kom seën en vervloeking. Dit, my broeders, behoort nie so te wees nie.

3:11 ‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

3:12 ‘n Vyeboom, my broeders, kan tog nie olywe voortbring, of ‘n wingerdstok vye nie? So kan geen fontein brak en vars water voortbring nie.

3:13 Wie is wys en verstandig onder julle? Laat hom uit sy goeie lewenswandel sy werke in sagmoedige wysheid toon.

3:14 Maar as julle bittere afguns en selfsug in julle hart het, moenie roem en lieg teen die waarheid nie.

3:15 Dít is nie die wysheid wat van bo kom nie, maar is aards, natuurlik, duiwels;

3:16 want waar afguns en selfsug is, daar is wanorde en allerhande gemene dade.

3:17 Maar die wysheid van bo is ten eerste rein, dan vredeliewend, vriendelik, geseglik, vol barmhartigheid en goeie vrugte, onpartydig en ongeveins.

3:18 En die vrug van die geregtigheid word gesaai in vrede vir die wat vrede maak.