We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

If you have never felt your soul poured out before the Lord with a consequent exhaustion, it is doubtful whether you have advanced far in the school of prayer.
Walter Chantry

Once we understand the nature of the enemy, we must put on the proper armament. For this let us picture the old warrior Paul in his own spiritual armor (Eph. 6:10-17). 1. He has worn his war belt so long that it is sweat through and salt-stained and comfortable like an old horse’s bridle, and it holds everything perfectly in place. The “belt of truth,” God’s truth, has girt him tight for years, so that it permeates his life and truth reigns within. He is armed with the clear eyes of a clear conscience. He can face anything. 2. His torso is sheathed with a battle-tarnished breastplate. It is crisscrossed with great lateral grooves from slicing sword blows and dented from enemy artillery. The “breastplate of righteousness” has preserved his vitals intact. His holy life has rendered his heart impervious to the spiritual assaults of Satan. 3. His gnarled legs are comfortable in his ancient war boots. He has stood his ground on several continents. The boots are the “gospel of peace,” the peace with God that comes through faith in him, and the resultant peace of God – the sense of well-being in wholeness – shalom. He stands in peace, and being rooted in peace he cannot be moved. 4. Paul’s great shield terrifies the eyes, for the broken shafts and the many charred holes reveal him to be the victor of many fierce battles. He has held the “shield of faith” as he repeatedly believed God’s Word and so extinguished every fiery dart of doubt and sensuality and materialism. None have touched him. 5. On his old gray head he wears a helmet which has seen better days. Great dents mar its symmetry; reminders of furtive blows dealt him by the enemy. The “helmet of salvation,” the confidence of knowing that he is saved and will be saved, has allowed him to stand tall against the most vicious assaults. His imperial confidence gives him a regal bearing. 6. Then there is his sword. He was equal to a hundred when his sword flashed. The “sword of the Spirit, which is the word of God,” the ultimate offensive weapon, cut through everything – armor, flesh, glistening bone, and running marrow – even the soul (cf. Heb. 4:12). These are the weapons: truth, righteousness, peace, faith, salvation, the Word of God – and any believer who resists with these will put the Devil and his armies to flight! This is not arrogance. This is the truth! You and I can withstand the Devil if we wear the armor God provides. “Resist the devil, and he will flee from you” (Jas. 4:7).
Kent Hughes

Bible – Afrikaans – Esra Chapter 9:1-15.

Index: Afrikaans

 

Esra 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]

9:1 En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.

9:2 Want hulle het van húlle dogters vir hulleself en vir hul seuns geneem, sodat die heilige geslag hom met die volke van die lande vermeng het; en die owerstes en die leiers het in hierdie ontrou eerste die hand gehad.

9:3 En toe ek dit hoor, het ek my kleed en my mantel geskeur en van die hare van my hoof en my baard uitgepluk en verslae neergesit.

9:4 En by my het byeengekom almal wat gebeef het vir die woorde van die God van Israel, oor die ontrou van die ballinge; maar ek het verslae bly sit tot die aandoffer toe.

9:5 Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God

9:6 en gesê: My God, ek voel te beskaamd en verleë om my aangesig tot U, my God, op te hef, want ons ongeregtighede het oor ons hoof gegroei, en ons skuld is hemelhoog.

9:7 Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in ‘n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.

9:8 En nou was daar vir ‘n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons ‘n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons ‘n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.

9:9 Want slawe is ons; in ons slawerny egter het onse God ons nie verlaat nie, maar Hy het ons guns laat vind voor die konings van Persië, sodat hulle ons verademing geskenk het om die huis van onse God weer op te rig en sy puinhope te herstel en ons ‘n muur te gee in Juda en Jerusalem.

9:10 En wat sal ons nou ná hierdie dinge sê, onse God? Want ons het u gebooie verlaat

9:11 wat U deur u knegte, die profete, beveel het deur te sê: Die land waar julle inkom om dit in besit te neem, is ‘n onrein land vanweë die onreinheid van die volke van die lande, deur hulle gruwels waarmee hulle dit van die een end tot die ander vervul het in hulle onreinheid.

9:12 Gee dan nou julle dogters nie aan hulle seuns en neem hulle dogters nie vir julle seuns nie, en soek tot in ewigheid nie hulle vrede en geluk nie, sodat julle kan sterk word en die goeie van die land geniet en dit aan julle kinders as besitting kan gee tot in ewigheid.

9:13 En ná alles wat oor ons gekom het vanweë ons slegte dade en ons groot skuld–want U, onse God, het ons minder toegereken as wat ons ongeregtighede verdien het, en aan ons nog soveel vrygeraaktes gegee–

9:14 sal ons weer u gebooie verbreek en ons verswaer met hierdie gruwelike volke? Sal U nie op ons vertoorn wees, totdat ons vernietig is, sodat daar geen oorblyfsel of vrygeraakte meer is nie?

9:15 HERE, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.