We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

What does the New Testament indicate about normal Christian attitude in reference to Satan? James 4:7 says that we are to "resist the devil and he will flee" from us. How do we resist the devil? The classic passage in the New Testament for resisting the devil is Ephesians 6:10-18. This is the Christian "Standard Operating Procedure" for spiritual warfare today. Notice that there is nothing in either James 4 or Ephesians 6 about binding Satan! We are told to resist Satan –to oppose and combat his efforts and schemes. We are to take on the full armor of God so that we can stand firm and extinguish Satan's flaming missiles.
David Reid

Someone may ask, “But why should I rise early?” To remain too long in bed is a waste of time. Wasting time is unbecoming of a saint who is bought by the precious blood of Jesus. His time and all he has is to be used for the Lord. If we sleep more than is necessary for the refreshment of the body, it is wasting time the Lord has entrusted us to be used for His glory, for our own benefit, and for the benefit of the saints and unbelievers around us… Anyone who spends one, two, three hours in prayer and meditation before breakfast will soon discover the beneficial effect early rising has on the outward and inward man.
George Muller

Bible – Afrikaans – Nehemia Chapter 6:1-19.

Index: Afrikaans

 

Nehemia 6

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]

6:1 En toe Sanbállat en Tobía en Gesem, die Arabier, en ons ander vyande verneem dat ek die muur gebou het en dat daar geen skeur in oorgebly het nie, alhoewel ek tot dié tyd toe geen deure in die poorte gesit het nie,

6:2 laat Sanbállat en Gesem my weet: Kom laat ons bymekaarkom in een van die dorpe, in die laagte van Ono; maar hulle het gemeen om my kwaad aan te doen.

6:3 Toe stuur ek boodskappers na hulle om te sê: Ek doen ‘n groot werk, sodat ek nie kan afkom nie. Waarom moet die werk ophou sodra ek dit verlaat om na julle af te kom?

6:4 Nog vier keer het hulle op dieselfde manier na my gestuur, en ek hulle op dieselfde manier geantwoord.

6:5 Daarop stuur Sanbállat op dieselfde manier vir die vyfde keer sy dienaar na my met ‘n ope brief in sy hand.

6:6 Daarin was geskrywe: Die gerug gaan rond onder die volke, en Gasmu sê: Jy en die Jode is van plan om te rebelleer; daarom bou jy die muur, en jy sal hulle koning word–dergelike dinge.

6:7 Ook het jy profete aangestel om van jou in Jerusalem uit te roep en te sê: Koning in Juda! En nou, sulke dinge sal deur die koning gehoor word; kom dan nou en laat ons saam beraadslaag!

6:8 Maar ek het hom laat weet: Daar het nie sulke dinge gebeur as dié waar jy van spreek nie, maar jy het dit self versin.

6:9 Want hulle almal wou ons bang maak en het gedink: Hulle hande sal die werk laat lê, sodat dit nie gedoen word nie. Versterk dan nou my hande!

6:10 En toe ek in die huis van Semája, die seun van Delája, die seun van Mehetábeël kom, terwyl hy verhinder was, sê hy: Laat ons saamkom in die huis van God, binne-in die tempel, en laat ons die deure van die tempel toesluit; want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle sal in die nag kom om u dood te maak.

6:11 Maar ek het gesê: Sal ‘n man soos ek vlug? En hoe durf een soos ek die tempel ingaan en in die lewe bly? Ek sal nie ingaan nie.

6:12 Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.

6:13 Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.

6:14 Dink, my God, aan Tobía en aan Sanbállat volgens hierdie werke van hom, en ook aan Noádja, die profetes, en die ander profete wat my wou bang maak.

6:15 En die muur is voltooi op die vyf en twintigste van Elul, in twee en vyftig dae.

6:16 En toe al ons vyande dit hoor, het al die nasies rondom ons bevrees geword en neerslagtig gevoel, en hulle het erken dat hierdie werk deur onse God gedoen is.

6:17 Ook het in dié dae die edeles van Juda baie briewe geskrywe wat na Tobía gegaan het, en dié van Tobía het na hulle gekom.

6:18 Want baie in Juda was deur ‘n eed aan hom verbonde, omdat hy die skoonseun was van Segánja, die seun van Arag, en sy seun Jóhanan die dogter van Mesúllam, die seun van Berégja, getrou het.

6:19 Ook het hulle voor my sy goeie bedoelings verhaal en my woorde na hom uitgebring. Tobía het briewe gestuur om my bang te maak.