We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Speaking is an art and a craft, not a science. The most effective speaker’s love language and enjoy telling a tale. They experiment with different ways of using words and sentences, different strategies for constructing messages and talks. Leaders who are good speakers learn to use their voice as an instrument rather than a piece of equipment. They learn how to use humor without becoming comedians; to arouse emotion without selling out to emotionalism; and to make an audience want more, not less, from the speaker.
Albert Mohler

We do not segment our lives, giving some time to God, some to our business or schooling, while keeping parts to ourselves. The idea is to give all of our lives in the presence of God, under the authority of God, and for the honor and glory of God. That is what the Christian life is all about.
R.C. Sproul

Bible – Afrikaans – Joël Chapter 1:1-20.

Index: Afrikaans

 

Joël 1

[1]
[2]
[3]

1:1 Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van Pétuel, gekom het.

1:2 Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?

1:3 Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en húlle kinders aan die volgende geslag:

1:4 Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.

1:5 Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.

1:6 Want ‘n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos ‘n leeuin.

1:7 Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.

1:8 Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is.

1:9 Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.

1:10 Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.

1:11 Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.

1:12 Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.

1:13 Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.

1:14 Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.

1:15 Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige.

1:16 Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?

1:17 Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.

1:18 Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.

1:19 Tot U, o HERE, roep ek, want ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.

1:20 Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.