We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Save the baby humans... STOP ABORTION!!

Let Him therefore send and do what He will. By His grace, if we are His, we will face it, bow to it, accept it, and give thanks for it. God’s Providence is always executed in the ‘wisest manner’ possible. We are often unable to see and understand the reasons and causes for specific events in our lives, in the lives of others, or in the history of the world. But our lack of understanding does not prevent us from believing God.
Don Fortner

Bible – Afrikaans – 2 Korinthërs Chapter 13:1-13.

Index: Afrikaans

 

2 Korinthërs 13

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]

13:1 Dit is die derde keer dat ek na julle toe kom. In die mond van twee of drie getuies sal elke woord vasstaan.

13:2 Ek het dit vroeër gesê, en ek sê dit vooruit soos toe ek die tweede keer aanwesig was, en ek skrywe dit nou in my afwesigheid aan die wat vroeër gesondig het en aan al die ander, dat as ek weer kom, ek nie sal spaar nie,

13:3 aangesien julle ‘n bewys soek van Christus wat in my spreek, en Hy is teenoor julle nie swak nie, maar kragtig onder julle.

13:4 Want al is Hy gekruisig uit swakheid, lewe Hy tog uit die krag van God. Want ons is ook swak in Hom, maar ons sal saam met Hom vir julle lewe deur die krag van God.

13:5 Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef. Of is julle nie seker van julself dat Jesus Christus in julle is nie–as julle ten minste nie verwerplik is nie!

13:6 Maar ek hoop dat julle sal insien dat ons nie verwerplik is nie.

13:7 Ek bid God dat julle geen kwaad mag doen nie–nie dat ons beproef mag blyk nie, maar dat julle kan doen wat goed is, en ons as verwerplikes kan wees.

13:8 Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.

13:9 Want ons is bly as ons swak is en julle sterk. En hierom bid ons ook, naamlik om julle volmaking.

13:10 Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.

13:11 Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.

13:12 Groet mekaar met ‘n heilige kus.Al die heiliges groet julle.

13:13 Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.