We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

“Wise” speaks not of one who merely knows some fact, but of one who is skilled in the art of godly living. He submits to Scripture and knows how to apply it to his circumstances.
John MacArthur

Here is the great evangelical disaster – the failure of the evangelical world to stand for truth as truth. There is only one word for this – accommodation: the evangelical church has accommodated to the world spirit of the age… Truth carries with it confrontation. Truth demands confrontation: loving confrontation, but confrontation nevertheless. If our reflex action is always accommodation regardless of the centrality of the truth involved, there is something wrong.
Francis Schaeffer

Bible – Afrikaans – Jesaja Chapter 21:1-17.

Index: Afrikaans

 

Jesaja 21

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]

21:1 Godspraak oor die woestyn van die see. Soos stormwinde in die Suidland deurtrek, kom dit uit die woestyn, uit ‘n vreeslike land!

21:2 ‘n Harde gesig is my te kenne gegee: Die ontroue handel troueloos, en die verwoester verwoes. Trek op, Elam! Beleër, Médië! Aan alle gesug maak Ek ‘n einde.

21:3 Daarom is my heupe vol siddering, weë het my aangegryp soos die weë van een wat baar; ek buig my krom, sodat ek nie hoor nie; ek is verskrik, sodat ek nie sien nie.

21:4 My hart duisel, angs oorval my; dit maak vir my die skemeraand wat ek liefhet, tot ‘n verskrikking.

21:5 Hulle maak die tafel gereed, hulle sprei die tapyt, hulle eet, drink…. Staan op, o vorste, salf die skild!

21:6 Want so het die Here vir my gesê: Gaan heen, sit ‘n wag uit; laat hom te kenne gee wat hy sien;

21:7 en sien hy ‘n stoet ruiters, twee aan twee, ‘n stoet esels, ‘n stoet kamele, dan moet hy skerp luister, so skerp as hy kan.

21:8 En hy het geroep soos ‘n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.

21:9 En kyk, daar kom ‘n stoet manne, ruiters twee aan twee. Toe het hy aangehef en gesê: Geval, geval het Babel, en hulle het al die gesnede beelde van sy gode verbrysel teen die grond.

21:10 o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.

21:11 Godspraak oor Duma. Daar roep een my toe van Seïr af: Wagter, hoe ver is dit in die nag? Wagter, hoe ver in die nag?

21:12 Die wagter sê: Die môre kom, en ook die nag. Wil julle vra, vra; keer terug, kom.

21:13 Godspraak teen Arabië. In die bos in Arabië moet julle vernag, karavane van die Dedaniete!

21:14 Bring vir die dorstige water tegemoet! Die inwoners van die land Tema het die vlugteling met brood teëgekom.

21:15 Want hulle het gevlug vir swaarde, vir die swaard wat uitgetrek en vir die boog wat gespan is, en vir die druk van die oorlog.

21:16 Want so het die Here vir my gesê: Binne ‘n jaar–soos die jare van ‘n dagloner–sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.

21:17 En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.