We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Testing God is a lack of faith. It’s blasphemy for the created to demand that the Creator prove Himself to be worthy of our trust. True faith is not testing God, but trusting God, knowing that He is not obligated to prove His power and love at every turn.
Randy Smith

As a philosophical idea, God’s decreeing of a thing has dominance over His seeing a thing beforehand. Even though…the word foreknowledge is more than pre-sight, we nonetheless cannot disregard the verity that God sees all things beforehand. Thus God’s seeing all things has forever been a reality to Him, and God’s determining all things has also been forever. These two have had eternal origins. As long as He has decreed, He has known; and as long as He has known, He has decreed. So, in one sense, we cannot put one philosophical idea ahead of the other in terms of time. Yet we can put one above the other in terms of dominance. If God has seen and determined at the same time, we cannot make His decreeing subservient to His knowing. The reason one is preceding the other in terms of force (not time) is that determination is a willful act of God, whereas seeing is a passive act. God cannot help but see all, but He wills to decree. Therefore what He determines, He sees; and what He sees, is determined. The force of decreeing a thing dominates the seeing.
Jim Elliff

Bible – Afrikaans – Jesaja Chapter 24:1-23.

Index: Afrikaans

 

Jesaja 24

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]

24:1 Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.

24:2 Dieselfde lot tref die volk en die priester, die slaaf en sy heer, die slavin en haar meesteres, die koper en die verkoper, die uitlener en die lener, die skuldeiser en die skuldenaar.

24:3 Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.

24:4 Die aarde treur, dit verwelk; die wêreld versmag, dit verwelk; en die hoogstes van die mense van die aarde versmag.

24:5 Want die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek.

24:6 Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur ‘n gloed verteer en bly daar min mense oor.

24:7 Die mos treur, die wingerdstok verwelk, almal wat bly van hart is, sug.

24:8 Weg is die vreugde van die tamboeryne, die gedruis van die uitgelate mense hou op, weg is die vreugde van die siter!

24:9 Hulle drink geen wyn onder gesang nie; die sterk drank smaak bitter vir die wat dit drink.

24:10 Verbreek is die verlate vesting; al die huise staan toegesluit, sodat niemand daar kan inkom nie.

24:11 Daar is ‘n gejammer oor wyn op die strate; al die vrolikheid het ondergegaan, die vreugde van die aarde is verban.

24:12 Wat in die stad oorgebly het, is verwoesting; en die poort is tot ‘n puinhoop stukkend geslaan.

24:13 Want so sal dit wees op die aarde, onder die volke, soos by die afslaan van die olywe, soos by die na-oes as die druiwe-oes verby is.

24:14 Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:

24:15 Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!

24:16 Van die einde van die aarde af hoor ons lofgesange: Glorie aan die regverdige! Maar ek sê: Ek teer weg, ek teer weg, wee my! Die ontroues handel troueloos, en in troueloosheid handel die ontroues troueloos.

24:17 Die skrik en die kuil en die strik oor jou, o bewoner van die aarde!

24:18 En hy wat vlug vir die skrikgeroep, val in die kuil; en hy wat uit die kuil uitklim, word in die strik gevang. Want die sluise uit die hoogte het oopgegaan, en die fondamente van die aarde bewe.

24:19 Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.

24:20 Die aarde waggel geheel en al soos ‘n dronkaard en swaai heen en weer soos ‘n naghut; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie.

24:21 En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;

24:22 en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in ‘n kuil en bewaar word in ‘n kerker; maar ná baie dae sal daar op hulle ag gegee word.

24:23 En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.