We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

What gives us conviction of sin is not the number of sins we have committed; it is the sight of the holiness of God.
Martyn Lloyd-Jones

Bible – Afrikaans – Rigters Chapter 12:1-15.

Index: Afrikaans

 

Rigters 12

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]

12:1 En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.

12:2 Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het ‘n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.

12:3 En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?

12:4 Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.

12:5 En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan–dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy ‘n Efraimiet? As hy sê: Nee,

12:6 dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.

12:7 En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.

12:8 En ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.

12:9 En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.

12:10 En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.

12:11 En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.

12:12 En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sébulon.

12:13 En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.

12:14 En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.

12:15 En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.