We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Save the baby humans... STOP ABORTION!!

Bible – Afrikaans – Rigters Chapter 17:1-13.

Index: Afrikaans

 

Rigters 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]

17:1 Daar was ‘n man van die gebergte van Efraim met die naam van Miga.

17:2 Dié het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u ‘n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het–hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!

17:3 En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om ‘n gesnede en ‘n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.

17:4 Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan ‘n goudsmid; en hy het daar ‘n gesnede en ‘n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het.

17:5 Die man Miga het naamlik ‘n godshuis gehad, en hy het ‘n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees.

17:6 In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

17:7 En daar was ‘n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was ‘n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het.

17:8 En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga.

17:9 En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is ‘n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry.

17:10 En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my ‘n vader en ‘n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en ‘n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan,

17:11 en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns.

17:12 En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga.

17:13 Toe sê Miga: Nou weet ek dat die HERE aan my goed sal doen, omdat ek ‘n Leviet as priester het.