We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

True revival lives in prayer. Prayer draws power from revival. We need only to follow the way-marks of their remarkable history to be satisfied of their inseparable unity.
J.B. Johnston

[Affection] is one of the key ingredients in the socialization of a child. Without it, a child may seem to assimilate the values taught by the parents without actually adopting them. Proper [affection] prepares the child mentally and emotionally to accept moral tenets and correct patterns for relationships with other people (James Robison).
Other Authors

Bible – Afrikaans – Klaagliedere van Jeremia Chapter 5:1-22.

Index: Afrikaans

 

Klaagliedere van Jeremia 5

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]

5:1 Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.

5:2 Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.

5:3 Ons het wese geword, sonder ‘n vader, ons moeders is soos weduwees.

5:4 Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.

5:5 Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.

5:6 Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.

5:7 Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.

5:8 Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.

5:9 Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.

5:10 Ons vel gloei soos ‘n oond vanweë die gloed van die honger.

5:11 Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.

5:12 Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.

5:13 Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.

5:14 Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.

5:15 Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.

5:16 Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.

5:17 Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:

5:18 ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.

5:19 U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.

5:20 Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?

5:21 Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.

5:22 Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?