We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

What gives us conviction of sin is not the number of sins we have committed; it is the sight of the holiness of God.
Martyn Lloyd-Jones

Bible – Afrikaans – Hosea Chapter 8:1-14.

Index: Afrikaans

 

Hosea 8

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]

8:1 Die basuin aan jou mond! Soos ‘n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.

8:2 My roep hulle toe: My God, ons, Israel, ken U.

8:3 Israel het die goeie verwerp–die vyand sal hom agtervolg!

8:4 Húlle het konings aangestel, maar nie uit My nie; hulle het vorste gekies, maar sonder my wete; van hul silwer en goud het hulle vir hul afgode gemaak tot hulle verderf.

8:5 Jou kalf, o Samaría, is afskuwelik; my toorn is teen hulle ontvlam. Hoe lank sal hulle tot reinheid onbekwaam wees?

8:6 Want dit is ook uit Israel: ‘n smid het dit gemaak, en dit is geen god nie; maar tot splinters sal dit word–die kalf van Samaría.

8:7 Want hulle saai wind, maar hulle sal storm maai; dit het geen halm nie; wat uitspruit, lewer geen meel op nie; selfs as dit iets oplewer, sou vreemdelinge dit verslind.

8:8 Israel is verslind; alreeds is hulle onder die volke soos iets wat waardeloos is.

8:9 Want húlle het opgetrek na Assur–‘n wilde-esel wat eiesinnig rondloop, is Efraim! –hulle het onwettige bondgenootskappe gewerf.

8:10 Ook al werf hulle onder die volke, Ek sal hulle nou saamraap, en hulle sal begin minder word weens die laste deur die koning van die vorste opgelê.

8:11 Want Efraim het die altare vermenigvuldig om te sondig–die altare het vir hom tot sonde geword.

8:12 Ek het hom tien duisende leringe van my wet voorgeskrywe, maar dit word as iets vreemds geag.

8:13 Slagoffers, My aangebied, offer hulle–vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.

8:14 Omdat Israel sy Maker vergeet en paleise gebou het, en Juda ‘n menigte versterkte stede, daarom sal Ek ‘n vuur in sy stede slinger wat sy paleise sal verteer.