We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

I have held many things in my hands, and I have lost them all; but whatever I have placed in God’s hands, that, I still possess.
Corrie ten Boom

Bible – Afrikaans – Hosea Chapter 9:1-17.

Index: Afrikaans

 

Hosea 9

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]

9:1 Wees nie bly met gejuig, o Israel, soos die volke nie, want jy het gehoereer van jou God af weg; jy het hoereloon liefgehad op al die koringdorsvloere.

9:2 Dorsvloer en parskuip sal hulle nie voed nie, en die mos sal hulle in die steek laat.

9:3 Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.

9:4 Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.

9:5 Wat sal julle dan doen op die feestyd en op die feesdag van die HERE?

9:6 Want kyk, hulle gaan heen weens die verwoesting: Egipte sal hulle versamel, Mof hulle begrawe; onkruid sal hulle skat van silwergoed in besit neem, dorings in hulle tente wees.

9:7 Die dae van besoeking het gekom, die dae van vergelding het gekom; Israel sal dit ervaar! Die profeet word ‘n dwaas, die man van die gees ‘n waansinnige, weens die grootheid van jou ongeregtigheid, en omdat die vyandskap groot is.

9:8 Efraim is ‘n spioen teenoor my God; wat die profeet aangaan, die net van ‘n voëlvanger is op al sy weë gesprei, vyandskap in die huis van sy God.

9:9 Hulle het baie, baie verkeerd gehandel soos in die dae van Gíbea. Hy sal dink aan hulle ongeregtigheid, besoeking doen oor hulle sondes.

9:10 Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei; maar húlle het na Baäl-Peor gekom en hulle aan die skandegod toegewy en ‘n verfoeisel geword net soos die voorwerp van hulle liefde.

9:11 Efraim–sy heerlikheid sal wegvlieg soos ‘n voël. Geen geboorte, geen moederskap, geen ontvangenis meer nie!

9:12 Ja, al sou hulle hul kinders grootmaak, Ek maak hulle kinderloos, sonder mense; ja, wee hulleself ook as Ek van hulle wyk.

9:13 Efraim, soos Ek dit sien na Tirus heen, is geplant in ‘n mooi omgewing, maar Efraim sal sy seuns na die moordenaar moet uitbring.

9:14 Gee hulle, o HERE–wat sal U gee? –gee hulle ‘n kinderlose moederskoot en uitgedroogde borste.

9:15 Al hulle boosheid is byeen in Gilgal, want daar het Ek hulle begin haat weens die boosheid van hulle handelinge; Ek sal hulle uit my huis uitdrywe, hulle nie meer liefhê nie. Al hulle vorste is opstandig.

9:16 Efraim is getref, hulle wortel het verdor, hulle dra geen vrug meer nie; ook wanneer hulle kinders baar, sal Ek nogtans die lieflinge van hulle skoot ombring.

9:17 My God sal hulle verwerp, omdat hulle na Hom nie geluister het nie, en hulle sal rondswerwe onder die nasies.